Die Hoofbestuur van Landsdiens Suid-Afrika is die nasionale leidinggewende liggaam wat verantwoordelik is vir die rigting, koördinering en ondersteuning van Landsdiens se werksaamhede regoor die land.

Die Hoofbestuur bestaan uit:

  • Die Voorsitter van elke provinsie;

  • Mpumalanga het twee verteenwoordigers op Hoofbestuur, aangesien hulle byna die helfte van Landsdiens Suid-Afrika se totale ledebasis verteenwoordig;

  • ’n Nasionale Voorsitter wat die bestuur lei;

  • Een betalende amptenaar, wat administratiewe en koördinerende take hanteer.

Die Hoofbestuur vergader vier keer per jaar, waarvan:

  • Twee vergaderings in persoon plaasvind, en

  • Twee vergaderings aanlyn gehou word.

Hierdie liggaam verseker dat die visie, waardes en missie van Landsdiens op nasionale vlak bevorder en beskerm word, en tree as ’n brug op tussen die verskillende provinsiale strukture.