Welkom by ons Landsdiensblad
In ‘n wêreld waar elke daad van liefde ‘n verskil kan maak, staan ons as ‘n gemeenskap van vrywilligers sedert 1914, gedrewe deur ‘n passie vir omgee. Ons glo vas dat die jeug die boustene van ons toekoms is en dat hul groei en volhoubare ontwikkeling die sleutel is tot sterker gemeenskappe en ‘n beter samelewing.
Ons missie is om jongmense toe te rus met die vaardighede en kennis wat hulle nodig het om die omgewing in sy totaliteit te verstaan, te hanteer en te bewaar.
Deur opvoedkundige aktiwiteite en praktiese omgewingsgerigte tegnieke, leer ons die jeug hoe om verantwoordelikheid te neem vir hul natuurlike wêreld. Ons moedig hulle aan om met passie en toewyding op te tree en om te besef dat elke klein aksie ‘n groot impak op die omgewing om ons kan hê.
By Landsdiens is liefde die kern van ons werk—liefde vir God ons Skepper, ons omgewing, medemens en die arbeid wat ons verrig. Ons streef daarna om diensbaarheid te leef en ons lede te bemagtig om hul omgewing te verbeter en betekenisvolle verandering te bring. Deur leierskapontwikkeling en die kweek van mense met integriteit, bou ons ‘n generasie wat ons waardes en doelwitte sal uitleef met oorgawe.
Mag hierdie platform wat Landsdiens jou bied, jou inspireer en toerus om ‘n aktiewe rol te speel in die beskerming van ons waardevolle omgewing en die kosbare mense daarin, te respekteer. Saam bou ons nie net ‘n beter toekoms nie, maar ‘n leefwêreld met omgee-mense wat gesonde gemeenskappe vir geslagte sal bou.
Welkom aan elke hart wat wil gee, leer en groei. Saam kan ons ‘n verskil maak!
Heleen Human – Nasionale Voorsitter
Landsdiens is ’n Christelik-gegronde organisasie wat daarna streef om jongmense toe te rus met lewenswaardes, leierskapsvaardighede en ’n hart vir diens. Ons missie is om deur diensbaarheid aan God, ons medemens en ons land, ’n nuwe geslag opregte, verantwoordelike en geloofsgebaseerde leiers groot te maak. Ons fokus is op karaktervorming, gemeenskapsbou en die ontwikkeling van ’n diensgerigte lewenswyse wat regstreeks bydra tot ’n sterker, gesonder samelewing.
Die droom van die Landsdiens is om ware Landsdienswaardes so te bevorder dat dit toeganklik word en deel van elke Suid-Afrikaner se lewenswyse. Elke individu moet omgee, betrokke wees en aksie neem, veral rondom omgewingskwessies. Deur hierdie benadering bevorder Landsdiens liefde, omgewingsbewustheid, trots in ons land en aktiewe burgerskap wat ’n verskil maak.
Vier liefdes van Landsdiens:
© 2025 Created with Royal Elementor Addons by Trinkettree Marketing