Landsdiens

Liefde vir
Natuur Medemens Arbeid God ons Skepper |

DADE NIE WOORDE

Landsdiens waardes word doelbewus geïntegreer met die ontwikkeling van jongmense se talente en geestelike toerusting, sodat hulle voorbereid is om die uitdagings en probleme van hul tyd aan te pak. By die Landsdiens word wedersydse begrip, waardering en respek vir ander kulture aktief bevorder.

God ons Skepper

Medemens

Arbeid

Omgewing

Landsdiens is 'n leefstyl

Hoekom Landsdiens?

Landsdiens speel ‘n belangrike rol in die vorming van verantwoordelike landsburgers wat ‘n verskil maak en lojale trots in hul eie identiteit toon. Dit bevorder lewensvaardighede, inisiatief en selfvertroue. Deur programme help die Landsdiens ons jeug om gebalanseerde volwassenheid te bereik.